Welkom by die Gereformeerde Kerk Meyerspark
Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met MY, en ek sal julle vissers van mense maak.” Matteus, 4:19
Ons is ʼn groep gelowiges wat GLO in God drie-enig.
Dit is ons erns om ooreenkomstig ons verlossing wat ons in Christus ontvang het, te LEWE.
Ons GETUIG graag en met vrymoedigheid oor wat ons verlossing vir ons beteken.
Ons STREWE daarna om die liefde wat ons van God ervaar na almal rondom ons te laat vloei.